Klimmer moet weer gered word, na hy terugkeer vir sy selfoonMay 2, 2025

‘n Chinese student wat per helikopter van die berg Fuji in Japan gered is, moes slegs vier dae later weer gehelp word. Die 27-jarige klimmer het sy eerste noodoproep gemaak nadat hy hoogtesiekte ongeveer 3 000 meter bo seespieël op die berg opgedoen het. Die polisie het vier dae later egter weer ‘n oproep van hom ontvang nadat hy terug is om sy foon te soek. ‘n Ander klimmer het op hom afgekom, skynbaar weer met hoogtesiekte. Die saak het gelei tot oproepe dat hy vir die koste van ten minste sy tweede redding moet opdok.