Jeugdiens lei 630 suskesvol op in houtskool, en biomassaMay 1, 2025

Eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het die simulasie van die Nasionale Jeugdiens se houtskoolproduksie-projek op Rietfontein in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Ngurare sê Namibië is toegerus met oorvloedige natuurlike hulpbronne, waaronder biomassa, en dit is deur sulke natuurlike hulpbronne dat die broodnodige werkverskaffing vir jeug ‘n realiteit kan word. Teen hierdie agtergrond sê hy, het die regering ‘n doelbewuste stap geneem om finansiële hulpbronne beskikbaar te stel vir die houtskool- en  biomassa projekte. Ongeveer 630 jongmense uit al 14 streke in die land het die opleiding voltooi.