Kripto-koning Coenie Botha verskyn weer vandagApril 30, 2025
Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal na verwagting weer vandag in die laerhof in die hoofstad verskyn op klagte van bedrog van 163 miljoen Namibiese dollar, 31 aanklagte van die bedryf van ‘n bankbesigheid sonder magtiging, 31 aanklagte van geldwassery en ‘n aanklag van die bedryf van ‘n Ponzi-skema. Die twee het in Januarie onskuldig gepleit tydens ‘n verskyning voor landdros Monica Andjaba. Die staat beweer dat Botha en Murove beleggers van 2018 tot 2022 bedrieg het deur die indruk te skep dat hulle ‘n wettige besigheid bedryf het en gemagtig was om beleggings van lede van die publiek te ontvang, terwyl hulle in werklikheid nie gemagtig was om enige deposito of belegging te ontvang nie.