Begrafnis-miljoene is pure vermorsingApril 30, 2025

Staatsbegrafnisse het belastingbetalers in die 2024-25 boekjaar 38,4 miljoen Namibiese dollar gekos. Dit was vir 16 begrafnisse, insluitend dié van president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Eerste minister Elijah Ngurare sê sy kantoor het 1,9 miljard dollar ontvang, waarvan 2,5 miljoen dollar op Heldedag- en 25,6 miljoen op onafhanklikheidsvieringe bestee is. Kosmos 94.1 nuus het Henk Mudge, president van die Republikeinse Party, se opinie gevra.

Hy sê fondse moet herlei word na diegene in werklike nood.