Raffinadery vir Namibië maak geen sin nie – kennerApril 30, 2025
Die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanné, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangeraai om nie die konstruksie van ‘n olie-raffinadery na te jaag nie. Hy sê dat Namibië se beperkte markgroottee dit sal laat sukkel om teen groter ekonomieë mee te ding vir olie om te verfyn. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt.