Oesskatting en prys van witmielies is opApril 29, 2025

Die Akkerbouraad van Namibië het sy oesskatting aansienlik verhoog na die goeie reënseisoen. Die raad het vroeg vanjaar ‘n tekort aan witmieles verwag, maar dit is aangepas na ‘n oes van 70 000 ton vanjaar. Die prys vir witmielies gaan na verwagting meer as 6 800 Namibiese dollar per ton wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, wat verduidelik hoe die bedrag bereken is.

Mulonda sê die prys kan selfs by 7 500 dollar per ton draai aan die einde van die bemarkingseisoen.