NamPol sê man het Chinese werkgewer aangerand, en was besopeApril 29, 2025
Die Namibiese polisie sê daar is vasgestel dat daar geen feitelike waarheid in die plasing van aktivis Michael Amushelelo dat ‘n Namibiër in die hoofstad aangerand is deur sy Chinese werkgewer toe hy vir sy salaris vra, steek nie. ‘n Video toon waar die man sy werkgewer aanrand en ook ‘n mes uithaal voor die bakleiery begin het. Die man is hospitaal toe geneem, maar het uit die hospitaal verdwyn voor hy behandeling ontvang het. Die polisie sê verder die werknemer het na bewering dronk opgedaag. Intussen is ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer deur die Chinese werkgewer gemaak en ‘n ondersoek is gelas. Amushelelo het lelike aantygings teen die Chinese werkgewers gemaak.