Trump se 100 dae: Alles is deurmekaarApril 28, 2025
President Donald Trump het in die eerste 100 dae sedert sy terugkeer as president die reël-gegronde wêreldorde omvergegooi wat Amerika ná die Tweede Wêreldoorlog help opbou het. ‘n Gewese onderhandelaar in die Midde-Ooste vir die Demokrate en die Republikeine, Dennis Ross, het aan Reuters gesê die wêreld ervaar ‘n groot ontwrigting in wêreldsake. Ross sê niemand is seker hoe om die gebeure te interpreteer en volgende te verwag nie. Trump het ‘n wêreldwye tariefoorlog begin, Amerika se hulp aan die buiteland besnoei, Navo-bondgenote geminag en Rusland se standpunt oor sy inval in Oekraïne aanvaar.