Top 4 spanne in rugby Premierliga maak gaping oopApril 28, 2025

Die top vier spanne in die Namibië Rugby Premierliga het ‘n aansienlike voorsprong op die res van die veld ná die vyfde ronde die naweek. FNB Wanderers het hul onoorwonne status met ‘n weg-oorwinning van 29-0 oor FNB Rehoboth gehandhaaf om tot 28 punte aan die bopunt van die ranglys te beweeg, terwyl FNB Kudus FNB Western Suburbs met 50-15 in Walvisbaai afgeransel het en tweede is op 19 punte. Trustco United het ‘n geesdriftige FNB Reho Falcon 45-31 geklop en is derde op 16 punte, terwyl FNB Grootfontein vierde is op 15 punte is na ‘n 37-20 tuisoorwinning teen FNB Unam. Unam en Suburbs is agt punte agter Grootfontein op sewe punte elk, met Rehoboth op 6 punte, Reho Falcon op 5 en FNB Dolphins op 0.