Onderwysminister verduidelik ‘infrastruktuur’ beteken ‘heining’April 28, 2025
Die verkrygingswetsontwerp word tans in die Nasionale Vergadering bespreek, terwyl parlementslede ook vrae kan vra. Die drie moorde op Okahandja van jong meisies is ook opgehaal, omdat die twee jongste slagoffers by die KW von Marees Gekombineerde Skool ingeskryf was. Die AR-parlementslid George Kambala het onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of alle skole se infrastruktuur verbeter sal word, of slegs by KW von Marees.
Steenkamp antwoord dat Kambala se inligting verkeerd is en dat net ‘n heining aandag sal kry.