Gemeenskap se reaksie stel eintlik die gemeenskaplike probleem voorApril 28, 2025
Okahandja is onder die beheer van die Namibiese weermag en polisie geplaas en ‘n aandklokreël geld ná die dorp deur drie kindermoorde die afgelope maand geruk is, waarvan twee die naweek plaasgevind het. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie op die moorde van maatskaplike aktivis, Ethne Mudge gekry, wat sê dit is ‘n gemeenskaplike probleem wat erger gemaak is deur die publiek se reaksie.