Voertuig tref skare in KanadaApril 27, 2025
‘n Dertigjarige man is in hegtenis geneem nadat verskeie mense dood en verskeie ander beseer is toe ‘n voertuig in ‘n skare by ‘n straatfees in Vancouver in Kanada ingejaag het. Die voorval het by die Lapu Lapu-dagblokpartytjie – vernoem na ‘n nasionale held van die Filippyne – plaasgevind. Volgens die polisie is die verdagte, wat van Vancouver is en aan hulle bekend is, is op die toneel in hegtenis geneem.