Burgemeester soek meer patrollies op OkahandjaApril 26, 2025

Die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, het ‘n beroep op die polisiehoof van die Otjozondjupa-streek gedoen om nouer met dié dorp se gemeenskap saam te werk en patrollies te versterk ná die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag agter die begraafplaas in Veddersdal gevind is. Dit is net ‘n maand ná vyfjarige Ingrid Maasdorp se lyk in dieselfde woonbuurt gevind is. Kotungondo het vanoggend tydens ‘n nuuskonfensie gesê daar sal Maandagoggend ‘n vreedsame betoging teen die gruwels op die dorp wees.