Namibiese groeivoorspellings afwaarts aangepasApril 25, 2025

Die ekonomie van Afrika suid van die Sahara toon veerkragtigheid, sê die Wêreldbank, met verwagte groei van 3,5 persent vanjaar en 4,3 persent teen 2027, aangedryf deur toenemende beleggings en verbruik, en dalende inflasie. Armoede-vermindering is egter stadig en werkskepping bly swak, veral in konflik-geaffekteerde en hulpbronafhanklike lande. Die bank vra vir dringende hervormings, beter bestuur, en om die Afrika-kontinentale vrye handelsgebied-ooreenkoms te gebruik om handel en werkskepping ‘n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, wat na die Namibiese prentjie kyk.