N$550 000 se koper by Omdel gesteelApril 25, 2025

Die Namibiese polisie in Erongo sê 550 000 Namibiese dollar se koper is Maandagoggend by die Omdel-oorhoofse lyn op Hentiesbaai gesteel. Volgens die mag het die verdagtes kragpale afgesaag en 8 627 meter kopergeleiers gesteel. Die koper is nie teruggevind nie en geen arrestasies is gemaak nie. ‘n Ondersoek is aan die gang en lede van die publiek wat kennis dra word versoek om met die mag kontak te maak.