Ministerie sê Von Hotz was ongeskik, het vulgêre taal gebruik April 25, 2025
Na die veteraan toergids Yvonne von Holtz gal gebraak het oor swak behandeling by die Galton-hek by Etosha Nasionale Park, het die lynministerie ‘n verklaring uitgereik waar hy Von Holtz beskuldig van wangedrag. Die ministerie sê die CCTV-beeldmateriaal verskaf ‘n duidelike en teenstrydige weergawe van Von Holtz se bewerings dat personeel ooneerbiedig was en hulself nie voorgestel het voor hulle haar voertuig wou deursoek nie. Die personeel het volgens die verklaring opgetree in ooreenstemming met die vasgestelde prosedures. Hy sê sy het vulgêre taal teenoor die personeel gebruik en aangedui dat sy topamptenare by die hoofkantoor sal skakel sodat hulle die park kan verlaat sonder om deursoek te word. Die personeel het ten spyte van Von Holtz se gedrag, hulle professioneel gedra.