Drill baby, drill… VSA versnel permitteApril 25, 2025
Die Amerikaanse Department van Binnelandse Sake beplan ‘n versnelling van permitgoedkeurings vir fossielbrandstof- en mynbouprojekte. Amerika leun swaar op fossielbrandstowwe vir energie met olie, steenkool en aardgas wat in sowat 80-persent van sy energiebehoeftes voorsien. Dié afhanklikheid is ‘n groot bron van kweekhuis gasvrystellings. Die departement sê hersienings word van ‘n jaar tot 14 dae verminder, terwyl volledige omgewingsimpakstudies nou in minder as ‘n maand afgehandel word.