NamWater-pyplyn van Von Bach na Windhoek weer stukkendApril 23, 2025

Windhoek se watervoorsiening is terug op boorgate. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig die lyn vanaf NamWater in Okahandja het weer gebreek, naby Elisenheim, nes soos in Mei 2023 voorgekom het. Inwoners wat water direk van die lyn ontvang ervaar tans ‘n onderbreking maar inwoners wat vanaf die stad water ontvang sal steeds verbind wees maar, word gemaan om water spaarsamig te gebruik. ‘n Span van Stad Windhoek sowel as NamWater is reeds ontplooi om die breek reg te maak.