Paasnaweek-ongelukke styg 14%, sterftes bly op 8April 22, 2025

Die afgelope Paasnaweek is vanaf 17 tot 21 April ‘n totaal van 42 padongelukke, 96 beserings en 8 sterftes aangemeld. Die aantal ongelukke het met 14 persent toegeneem vergeleke met die vorige jaar. Daar was egter 24 persent minder beserings, terwyl die getal sterftes dieselfde gebly het. Kommissaris Petrus Swartz, die hoof van NamPol se direktoraat verkeerswetgewing, sê daar was hoër verkeersvolumes op die B1 en B2, en veral op die B2 was daar beduidende opeenhopings. Meer as 12 500 bestuurders is by kontrolepunte opgelei, en 2 060 kaartjies is uitgereik vir verkeersoortredings, waarvan 358 vir spoedoortredings was. Altesaam 181 bestuurders is landwyd gearresteer vir bestuur onder die invloed van alkohol.