Man wat vlug verpas verskyn vandag April 22, 2025
‘n 32-jarige Suid-Afrikaanse man sal na verwagting vandag in die landdroshof verskyn na hy vir kwaadwillige beskadiging van eiendom op die Hosea Kutako internasionale lughawe in hegtenis geneem is. Die man sou Saterdagmiddag ‘n FlySafair-vlug na Kaapstad haal, maar was te laat. Hy is by Paragon se passasiersdiens-toonbank gesê hy kan nie meer aan boord gaan nie, waarna hy die glastoonbank met sy vuis stukkend geslaan het. Die skade beloop 25 000 Namibiese dollar en die man is in hegtenis geneem.