Zambezi-landerye teen sprinkane bespuitApril 20, 2025

Die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye in die Zambezi-streek bespuit wat onder sprinkane deurloop. Simon Nghipandulwa, ministeriële woordvoerder, sê die sprinkaan-uitbreking raak hoofsaaklik mielie-oeste en nie mahangu of sorghum nie. Hy het opgemerk dat die sowat 168 boere wat bystand ontvang het, na verwagting ‘n goeie oes sal geniet na goeie reën.