Daggadag met betoging in Windhoek gevierApril 20, 2025

Internasionale 4/20-dag word elke jaar deur marijuana-voorstanders gevier en word dikwels gebruik vir voorspraak vir die plant se wettiging. Die Ganja Users of Namibia-groep hou vandag ‘n protesaksie vir die vrylating van veroordeelde daggagebruikers. Die hofsaak oor die wettiging van dagga in Namibië is vir 2 Julie in die Windhoekse Hoërhof geskeduleer. Die groep sal deur Khadila Amoomo-prokureurs verteenwoordig word. Die betoging sal by die oop ruimte by TransNamib begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Borro Ndungula, ‘n lid van die groep, wat meer inligting gee: