Swapo vandag 65 jaar oudApril 19, 2025

Swapo, die regerende party in Namibië sedert onafhanklikwording, vier vandag sy 65ste bestaansjaar. Namibië se eerste president, Sam Nujoma wat onlangs oorlede is, en wyle Andimba Toivo ya Toivo was die stigterslede van dié bevrydingsbeweging in Windhoek op 19 April 1960. Volgens Swapo se woordvoerder, Hima Nikanor, sal die geleentheid binne die volgende twee weke op Kamanjab in die Kunene-streek gevier word.