Rugby: Bulle maak geskiedenis in IerlandApril 20, 2025
Die Bulle het Saterdagaand die eerste Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap in Ierland geword wat Munster in Limerick kon klop toe hulle ‘n klipharde kragmeting op ‘n nat Thomond Park met 16-13 gewen het. Dit was verreweg die Bulle se beste vertoning die seisoen en hulle het daarmee ‘n seldsame ‘Grand Slam’ behaal deur vanjaar al vier Ierse spanne te klop.