Venaani roer Starlink-lisensiëring in NV aanApril 16, 2025
Die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, het in November verlede jaar Starlink beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak, terwyl die diens nie plaaslik gelisensieer is nie. Sedertdien pleit veral boere in afgeleë en ondergedienste gebiede dat die owerheid Starlink lisensieer weens die voordele wat dit bring vir boerdery en bewaring. Die PDM-president McHenry Venaani het die kwessie na die Nasionale Vergadering geneem, en kennis gegee van vrae oor die proses wat hy aan inligtingminister Emma Theofelus rig.