Onder-20 rugbyspan gereed vir stryd om Barthes-bekerApril 16, 2025
Die Namibiese Onder-20 rugbyspan begin Saterdag in Harare, Zimbabwe hul veldtog om die Rugby Afrika Barthes-bekertoernooi te wen. Namibië sal kragte meet met Kenia, Zimbabwe en Tunisië in die kontinentale kompetisie, met wedstryde wat oor drie wedstryd-dae sal plaasvind. Hul eerste wedstryd is om 3-uur Saterdag teen titelhouer en gasheerspan Zimbabwe by die Old Hararians-sportstadion. Dan speel die Namibiërs weer op Woensdag, 23 April teen Kenia en op Sondag, 27 April teen Tunisië.