Windhoekers betaal die minste vir kragApril 15, 2025

Inwoners van Windhoek kry die meeste krageenhede per 100 Namibiese dollar in die land. In ‘n ontleding deur The Brief kry Windhoekers 40 eenhede teenoor Cenored en Nored se kliënte wat 38 eenhede kry en kliënte van Oshakati Premier Electric wat 37 eenhede kry. ErongoRed is die duurste op 35 eenhede. Daar is verskeie redes vir die verskil in pryse insluitend infrastruktuur en distribusie kostes sowel as doeltreffendheid. NamPower het onlangs ‘n 17 persent verhoging gevra wat op die oomblik deur die Elektrisiteitsbeheerraad ondersoek word.