Groot afwykings van normaal in Maart se reënvalApril 15, 2025

Die Namibiese weerdiens sê reënval in Maart se reënval was besonder, veral in die noordwestelike dele tot die suidooste van die land, maar was relatief droog in die noordooste. Die meeste stasies het bo 100mm aangeteken vir die maand met sommige gebiede wat bo 50mm in 24 uur aangemeld het. Windhoek se afwyking van sy normale reënval was 94 persent terwyl Walvisbaai se afwyking op 850 persent gemeet is. Keetmanshoop se afwyking is op 6 persent gemeet en Karasburg en Opuwo op 9. Omaruru is op 18 persent en Rehoboth en Otavi op 50 persent. Kamanjab het op 72 persent ingekom met Ongwediva op 75 en Outapi op 104 persent.