Nujoma belowe 5 000 huise in Khomas, in 12 maandeApril 15, 2025

Reaksie word ontvang op planne deur die Khomas-streeksregering wat beoog om 5 000 huise binne die volgende 12 maande in die streek te bou. Die inisiatief is deel van die regering se plan om informele nedersetting in die stedelike gebied van Namibië te formaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Affirmative Repositioning LP, George Kambala, gepraat.

Die regering se massa behuisingsprojek het in tien jaar 4 380 huise gebou en tussen 1993 en 2024 is 18 304 huise deur die Nasionale Behuisingsonderneming gebou.