DA praat met ANC oor BTW-middewegApril 13, 2025

Die DA sê sy onderhandelingspan het met ‘n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die nasionale begroting se fiskale raamwerk, wat ‘n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal sy standpunt dat ‘n BTW-verhoging onbekostigbaar is in die afwesigheid van betekenisvolle hervorming om ekonomiese groei te verhoog en werk te skep: