GRN het kommer oor ‘deep fakes’April 11, 2025

Na vals video’s onlangs op sosiale media versprei is met sogenaamde “deep fakes” van die goewerneur van die Bank van Namibië en president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die inligtingsministerie die publiek gewaarsku om bewus te wees van soortgelyke aanlyn bedrogspulle. Inligtingminister Emma Theofelus het ‘n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering oor swendelarye op sodiale media gelewer.

Theofelus het bygevoeg dat die ministerie aan verskeie kuberveiligheidswetsontwerpe werk.