Toeroperateur verwelkom passasierpermit-veranderingeApril 10, 2025
Reaksie is ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se besluit om passasierpermitte vir net twee jaar geldig te maak, en net uit te reik aan die individu en voertuig wat se besonderhede aan die ministerie verskaf is. Die permitte was tot nou toe onbepaald geldig en talle permithouers het dit uitverhuur aan ander taxi-bestuurders. Toeroperateur Wolfgang Rohl van Rohls Tours and Safaris verwelkom die besluit.
Rohl gee ook ‘n opdatering van die paaie in Etosha, en sê die park is tans ‘n belewenis om te aanskou.