Jong gimnaste op pad na internasionale gimnastiektoernooieApril 10, 2025

Die Namibiese Gimnastiek-federasie het drie gimnaste gekies om die land te verteenwoordig by die Afrika Ritmiese Gimnastiekkampioenskap in Kaïro, Egipte, van 2 tot 3 Mei. Joy Kabooy van Walvisbaai Gimnastiekklub, en Emilia Ekandjo en Peya Kashaka (Kashaaka) van Windhoek Ritmiese Klub, is gekies na nasionale proewe by Olympia se Windhoek Ritmiese Klub gehou is. Die federasie het ook proewe gehou vir die nasionale junior span om by die Junior Wêreldkampioenskappe in Sofia, Bulgarye, van 18 tot 22 Junie deel te neem. Hierdie span sal later gefinaliseer word. Verder gaan ses gimnaste deelneem aan die komende Internasionale Gimnastiektoernooi, na hulle saam met Zimbabwe genooi is om van 15 tot 16 April in Angola mee te ding.