Minstens 79 dood toe nagklub-dak in DR ineenstortApril 9, 2025

Minstens 79 mense is dood en meer as 200 beseer toe die dak van ‘n ikoniese nagklub in die Dominikaanse Republiek vroeg gisteroggend ineengestort het. Sowat 300 mense was in die Jetset-nagklub in die hoofstad Santo Domingo toe die dak tydens ‘n vertoning van die kunstenaar Rubby Pérez ingetuimel het. ‘n Voormalige Major League bofbalspeler, Octavio Dotel is van diegene wat dood is. Amptenare sê sowat 400 reddingswerkers soek steeds na oorlewendes en vrees die dodetal kan nog styg.