TransNamib se RedForce-kontrak lok kritiek uitApril 9, 2025

TransNamib het sy debiteure van meer as 100 miljoen Namibiese dollar aan RedForce oorhandig in ‘n kontrak van 12 maande. Maar, volgens die Engelse dagblad The Namibian is rolspelers in die industrie ongelukkig oor die toewysing en die manier wat die tender toegeken is. Daar is gerugte dat dit moontlik in die hof uitgedaag sal word. TransNamib sukkel reeds jare met finansiële volhoubaarheid en die regering het in 2022 410 miljoen dollar se skuld afgeskryf. Die maatskappy het intussen ‘n lening van 2,6 miljard dollar die plaaslike en Suid-Afrikaanse ontwikkelingsbanke bekom.