Game of Thrones se dire-wolwe is terugApril 8, 2025
Romulus en Remus, en hulle halfsussie Khaleesi is die wêreld se eerste uitgestorwe diere wat weer herleef is. Hulle is dire-wolwe wat meer as 10 000 jaar gelede uitgesterf het. Die Amerikaanse Colossal Biosciences het die wolwe teruggebring met behulp van genetiese wysigings afgelei van ‘n volledige dire-wolfgenoom, wat die maatskappy uit antieke DNS gevind in fossiele wat 11 500 en 72 000 jaar terug dateer, geskep het. CRISPR-tegnologie is gebruik. Romulus en Remus is ses maande oud en hulle halfsussie, twee maande oud. Die wolwe het deel gevorm van die treffer reeks Game of Thrones maar is natuurlik met rekenaars geskep.