Reaksie op verlaging van visumkostes vir passasierboot-besoekersApril 8, 2025

Namibië het sover meer as 10 000 aanlyn visumaansoeke goedgekeur, met die ministerie van binnelandse sake wat sê nog aansoeke word aanlyn ontvang sedert die bekendstelling van die e-visum aan die begin van hierdie maand. Daar was kommer oor die kostes van veral passasiersbote wat 1 600 Namibiese dollar vir ‘n dagbesoek sou moes betaal maar, dit is aangepas na 300 dollar. Reaksie is ontvang van Nathaly Ahrens, van die Tour and Safari Association.