GRN-besteding: Waar is die deursigtigheidApril 7, 2025

Die 2025-26 begroting is vaag en kan as ondeursigtig beskou word na president Netumbo Nandi-Ndaitwah ministeries geskommel het, en mandate verskuif het. Die Tender Bulletin berig dat daar geen aanduiding is van die verspreiding van besteding oor die administratiewe, ekonomiese, maatskaplike en sekuriteitsklusters nie. Die publikasie het sy kommer oor deursigtigheid in verband met die regering se besteding uitgespreek. Wat duidelik is, is dat besteding op sekuriteit nie geraak word nie maar maatskaplike welsyn, wel. Toekenningsdokumente is op die lynministerie se webtuiste geplaas, maar is weer verwyder.