Meer as brandstofprys voordeel in laer olieprysApril 7, 2025
Die uiters lae Brent ru-olieprys, tans net bo 63 Amerikaanse dollar, bly in die nuus. Die kommoditeit het met 10 persent die afgelope week gedaal na president Donald Trump se tariewe en China se vergelding daarvoor wat vrese vir ‘n handelsoorlog aanvuur. ‘n Beplande produksieverhoging deur Opul en sy vennote dra ook by tot die verkoopsdruk. Dit hou positiewes vir ontwikkelende lande, soos Namibië in. Ekonoom Dawie Klopper verduidelik.
‘n Laer Amerikaanse rentekoers kan lei tot laer skuldkostes omdat die Amerikaanse dollar verswak. Dit kan verder ekonomiese groei stimuleer en buitelandse beleggings lok.