Aandelemarkte stort in duie, Trump hou by tarieweApril 7, 2025

Aandelemarkte en oliepryse het vandag verder in duie gestort terwyl die Amerikaanse president, Donald Trump, vasstaan oor sy tariewe ondanks vrese vir ‘n resessie. Markte reg oor Asië en Europa is oorweldig deur golwe van verdere verkope na skerp verliese verlede week. Hongkong se daling van 13,2-persent was die ergste in byna drie dekades. Taipei se aandele het vandag hul grootste verlies op rekord gely, met ‘n daling van 9,7-persent, terwyl Frankfurt met 10-persent geval het en Tokio bykans agt-persent laer gesluit het.