Amushelelo nooi alle Namibiërs na hofuitspraakApril 7, 2025
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo nooi alle Namibiërs om vanaand om 8-uur na uitspraak in sy dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof te gaan luister. Hy vra in die aansoek dat waarnemende regter Anne-Doris Hans-Kaumbi, wat die dringende aansoek aanhoor wat teen hom gebring is deur polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo, moet onttrek. Dit kom na die regter geweier het om Shikongo se aansoek tot Vrydag uit te stel, om Amushelelo tyd te gee om regsverteenwoordiging te kry. Sy het vanoggend die saak tot 2-uur verdaag, waarna Amushelelo die dringende aansoek teen haar gebring het.