Water op Oshakati gerantsoeneerApril 6, 2025
NamWater werk aan uitdagings met die waterbehandelingsaanleg op Oshakati ná swaar reën in die Cuvelai-opvangegebied. Dit volg ná oorvloei uit die oshonas by Ogongo en Oshikuku in die Calueque-Oshakati-kanaal beland het en gehalte van water verswak het. Volgens NamWater is beide die produksie kapasiteit en watergehalte by die aanleg onder standaard. Dié aanleg, met ‘n daaglikse kapasiteit van 37 000 kubieke meter, werk tans teen 37 persent en NamWater rantsoeneer tans waterlewering aan Oshakati.