Verstappen stap weg met Grand Prix-titelApril 6, 2025
Wêreldkampioen Max Verstappen in sy Red Bull het die Japannese Grand Prix van kwalifisering tot by die geruite vlag oorheers vir sy eerste oorwinning van die seisoen. Dit was sy vierde agtereenvolgende sege by Suzuka. Verstappen is in sy 64ste Grand Prix-oorwinning toegejuig deur ‘n skare van 115-duisend. Hy het sowat 1,4-sekondes voor McLaren se kampioenskapsvoorloper, Lando Norris, geëindig, met Norris se spanmaat, Oscar Piastri, wat sy 24ste verjaardag met ‘n derde plek gevier het. Norris is nou ‘n skrale een punt voor Verstappen in die renjaerskampioenskap.