Israel erken skuld met dood van noodwerkersApril 6, 2025

Israel se weermag het erken ‘n fout is begaan met die doodmaak van 15 noodwerkers in Gaza. ‘n Konvooi van ambulanse van die Rooikruis, ‘n VN-motor en brandweerwa het op 23 Maart naby Rafah onderskoot gekom. Israel het aanvanklik gesê sy soldate het begin skiet omdat die konvooi sonder ligte in die donker gery het en verdag voorgekom het. Selfoonmateriaal van een van die paramedici in die konvooi het egter die teendeel bewys.