Petisie teen hoër BTW in SA March 31, 2025
Build One South Africa het die regering van nasionale eenheid daarvan beskuldig dat dit werkende gesinne teiken met hoër belasting in die voorgestelde begroting. Mmusi Maimane, die voorsitter van die Parlement se Toewysingskomitee, het ‘n landswye petisie begin om die verhoging te stop en het die Parlement aangemoedig om die klem te plaas op die vermindering van onnodige kostes. Roger Solomons van BOSA sê Maimane lei die opposisie teen die voorgestelde BTW-verhoging en noem dit ‘n onregverdige las op sukkelende burgers.