SA se militêre attaché in VSA, ontslaanMarch 30, 2025

Twee weke nadat die SA-ambassadeur Ebrahim Rasool uit die VSA verban is, is Suid-Afrika se militêre attaché, brigadier Richard Mapoyana, ook uit sy pos ontslaan. Hy het sedert 2021 in die pos gedien. Volgens Rapport is sy assistente ook nie meer welkom in die land nie. Chrispin Phiri, woordvoerder vir Internasionale Verhoudinge en Samewerking, het sê dat die aksie teen Suid-Afrika se militêre verteenwoordigers kom terwyl Trump alle bestaande ooreenkomste met Suid-Afrika hersien.