Blitsbokke kan nog uitklopfase in Hongkong haalMarch 29, 2025
Suid-Afrika het steeds ‘n kans om die uitklopfase van die Hongkongse Sewes te bereik. Die Blitsbokke het Vrydag in hulle eerste groepwedstryd beëindruk toe hulle sewe drieë teen Uruguay gedruk en 40-7 gewen het. Hulle het egter sleg uit die bus geval in hulle tweede wedstryd toe hulle vier drieë teen Australië afgestaan en 26-7 verloor het. Suid-Afrika speel vanoggend hulle laaste groepswedstryd teen Nieu-Seeland, wat vir Australië en Uruguay geklop het en boaan Groep B is. Die kwarteindronde vind later vandag plaas en die halfeindronde en die eindstryd môre.