VSA trek meer as 300 visums van ‘malles’ terugMarch 28, 2025
Die aanhouding van die Turkse student Rumeysa Ozturk en die Palestynse student Mahmoud Khalil in die VSA maak steeds nuus. Ozturk het ‘n wettige studie visum terwyl Khalil ‘n sogenaamde permanente verblyf het. Maar die Trump-administrasie beskuldig beide van ondersteuning van Hamas. Die minister van buitelandse sake Marco Rubio het die kwessie by ‘n perskonferensie in Georgetown in Guyana aangespreek en sê meer as 300 visums is reeds teruggetrek.