NNN stel sewe goeweneurs aanMarch 28, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het sewe nuwe streeksgoewerneurs aangestel. Sy het vanoggend die aankondiging by staatshuis gemaak. Onder andere is die voormalige LP van die PDM Vipuakuje Muharukua as die Kunene-goewerneur aangestel. Die oud-raadslid van Windhoek Sam Nujoma Jnr. is die nuwe goewerneur van die Khomas-streek…
Aletta Fredericks vir Karas, Neville Andre in Erongo, Sebastian Ndeitunga in die Ohangwena-streek, Erginus Endjala van Omusati, Elia Irimari in Oshana en Lawrence Sampofu van die Zambezi-streek, is heraangestel. Nandi-Ndaitwah sê die aangestelde goewerneurs moet hard werk om hulle mandaat uit te voer.