Bielie van ‘n mosiehof, banke eis N$107mMarch 28, 2025
Dit was ‘n reuse mosiehof-rol in die hoofstad vanoggend met kommersiële banke wat alleen skuld van net meer as 107 miljoen Namibiese dollar in 87 verstekvonnis-aansoeke opgeëis het. Regters Boas Usiku en Eileen Rakow het die sessies hanteer. Die banke het ‘n verbysterende 59 eiendomme, waaronder vier plase, teruggevra met skuld van amper 76 miljoen dollar. Daar was ook 29 lenings met skuld van 31,64 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Daar was in totaal 104 aansoeke voor die hof vandag. In Maandag se sessie hanteer regter Nate Ndauendapo 44 onverdedigde egskeidings.